Laerskool Protearif-noodfonds – so kan jy help
Weldoeners kan fondse inbetaal om die skool te laat herstel en die leerders weer onderrig te laat kry.
Laerskool Protearif het Maandag, 9 Oktober enorme skade gely toe ‘n verwoestende storm die gebied getref het.
Die skool is intussen vir normale aktiwiteite onveilig verklaar en dit sal honderde duisende rande kos om dit weer in ‘n bruikbare toestand te kry.

Foto: Ingestuur.
Alhoewel die skool versekering het, is daar groot, noodsaaklike uitgawes wat nie deur die versekering gedek word nie.
Lees ook: #Tornado Path: [Watch] Frightening video of storm system carrying Krugersdorp tornado hitting Durban
Die skool het derhalwe ‘n noodfonds gestig waarin ouers, oudleerders en enige ander weldoeners fondse kan betaal om die skool te herstel en die leerders weer onderrig te laat kry. Die noodfonds en die skoolfondsrekening is twee verskillende rekeninge.

Foto: Ingestuur.
Alle gelde wat deur die noodfonds ingesamel word, sal gebruik word om die geboue te herstel en toerusting en leermateriaal te vervang. Die skool se Beheerliggaam, in samewerking met die skoolhoof, sal die fondse beheer. Daarbenewens sal dit deur die skool se eksterne ouditeurs, Furter Carstens & Vennote geoudit word. Daar sal ook terugvoering gegee word oor hoe die fondse aangewend is.
“U goedhartige bydraes tot voordeel en in belang van ons skool en leerders word op prys gestel,” het ‘n kennisgewing van die skool gelui.
Besonderhede van die noodfonds
Begunstigde: Laerskool Protearif
BANK: ABSA – Spaarrekening
Rekeningnommer: 9284392240
Verwysing: Naam – Noodfonds
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
