Luipaardsvlei hou lekker kermis
Die drie bekende sangers, Candy Benson, Leroi en Marius Dippenaar wat opgetree het, het die bejaardes vinnig op hul voete laat spring en lekker laat saamdans.
Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes het op Saterdag, 7 Oktober ‘n wonderlike dag van sprankel en plesier tydens hul jaarlikse kermis geniet.
Die drie bekende sangers, Candy Benson, Leroi en Marius Dippenaar wat opgetree het, het die bejaardes vinnig op hul voete laat spring en lekker laat saamdans.

Foto: Bianca Pindral
Chris van Wyk het sy olieverfskilderye uitgestal. Van volkleur arende tot die realistiese horingbekvoëls – noem dit en hy het dit al geskilder. Hy gebruik olieverf wat vir 100 jaar gewaarborg is en verkoop sy werke spotgoedkoop.
Molly Venter, Huibie Grobler, Sarie de la Harpe en Hetta Bezuidenhout, beter bekend as die Silwer Varings, het saailinge verkoop.

Foto: Bianca Pindral
Helena Knoetze het lekker saam met haar agterkleindogter gedans en gespog dat sy deel is van vier generasies wat die kermis bygewoon het.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
