Landsvlae wapper soos almal onthou
Die vlae van die Republiek van Natalia, die Nuwe Republiek van Vryheid, die bekende Vierkleur, die Protestantse of Christen-vlag en vele ander is bespreek.
Gedurende Paul Kruger se verjaarsdagmaad het ‘n groot groep vrywilligers ‘n vlagoptog na die Paul Kruger-standbeeld langs Monument Dam gehou.
Hulle het vroeg die oggend by die Paardekraal Monument bymekaar gekom en ‘n vlag gehys. Daarna het hulle die ou vlae van Suid-Afrika bespreek wat daar ten toon gestel is. Daar was dié van die Republiek van Natalia, die Nuwe Republiek van Vryheid, die bekende Vierkleur, die Protestantse of Christen-vlag en vele ander.

Foto: Bianca Pindral.
Daarna het die groep, elkeen met ‘n vlag oor die skouer, in ‘n ry bo-oor Paardekraalweg en verby Andries Pretoriusstraat na Paul Kruger se standbeeld gemarsjeer.
Motoriste het vir die trotse groep toeter geblaas en gewaai.

Foto: Bianca Pindral.
By die standbeeld aangekom het hulle Paul Kruger se ampserp omgehang en die volkslied gesing.
Die jonger kinders het daarna ‘n stukkie van die geskiedenis gehoor, waarna die groep terug is Paardekraal Monument toe. Die res van die dag het hulle aan verskillende kompetisies deelgeneem om hulle staal te wys.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
