AfriForum sê nee vir boelie
Dié burgerregte-organisasie het die veldtog geskep as bewusmaking van afknouery in skole. Dit sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.
Nadat Laerskool Muldersdrif hul deure weer op 16 Oktober oopgemaak het, het AfriForum besoek afgelê as deel van hul teenboeilieveldtog.
Dié burgerregte-organisasie het die veldtog geskep as bewusmaking van afknouery in skole. Dit sluit inligtingsessies met leerders, onderwysers en ouers in.
“Dit is vir die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) sowel as die trauma-eenheid belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan,” het Leandie Lombaard, navorser by ANI gesê.
Herman Byleveld, Hoof van Laerskool Muldersdrif het bygevoeg dat Mullies, as ‘n waardegedrewe Afrikaanse skool, streef na eerlikheid, selfbeheersing, deursettingsvermoë, pligsgetrouheid, verantwoordelikheid en respek teenoor ander.
“Omdat ons na al hierdie eienskappe streef, is hierdie projek werklik van onskatbare waarde vir ons,” het hy ten slotte gesê.
Vir meer inligting, stuur gerus ’n epos na boelie@afriforum.co.za indien u kind se skool by hierdie veldtog betrokke wil raak.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
