Editor's choiceLocal newsNews

Babas pronk vir Cansa

Dié dag het meer as ongeveer 100 belangstellendes gesien wat ten spyte van die koue wind bymekaargekom het in die hoop dat hul baba as die wenner aangekondig sal word.

Op Saterdag, 28 Oktober het die bibberkoue weer nie ongeveer 100 belangstellendes gekeer om El Cupid Eiendomme se jaarlikse babakompetisie te ondersteun nie.

Dit is vanjaar die agste jaar dat El Cupid so ‘n kompetisie ten bate van Cansa op hul perseel in Beginstraat aanbied.

Cherise en Kayleigh Swarts is positief oor die uitslag. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Piet Pretorius, meesterpraktisyn, het hulle vanjaar 70 inskrywings ontvang. Die drie kategorieë was die ouderdomsgroepe ses maande tot een jaar, een tot twee jaar, en twee tot drie-en-‘n-half jaar.

Die inskryfgelde was R50, wat deel was van die totale bedrag van R6 000 wat El Cupid uiteindelik aan Cansa geskenk het.

Paul en Annika du Toit is reg vir die aankondiging van die wenners. Foto: Alanicka Lotriet.

Nadat die wenners aangekondig is, is elke deelnemer verras met ‘n fraai geborgde geskenkpakkie. Piet het vertel dat pryse ter waarde van R6 000 dié dag uitgedeel is.

“Ons is ontsettend dankbaar en geseën deur El Cupid se jaarlikse ondersteuning. Ons waardeer dit ongelooflik baie – ons kan nie genoeg dankie sê vir hul goeie harte nie,” het Cansa-verteenwoordiger Ester Pretorius vertel.

Nadia en Sion Willemse bly warm in die koue weer. Foto: Alanicka Lotriet.

Die wenners is as volg:

• Ses maande tot een jaar: Chrisilee van Heerden

• Een tot twee jaar: Skylynn Bekker

• Twee tot drie-en-‘n-half jaar: Waldo Smit

Piet beskou dit as ‘n voorreg om nog elke jaar vir Cansa te kon help.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button