Saam-saam word siggestremdes gehelp
Dit is waarom die span van Medicross Krugersdorp op Saterdag, 28 Oktober, 'n oogsorgbewustheidsdag daar aangebied het.
Op Saterdag, 28 Oktober, het die span van Medicross Spec-Savers dit goedgedink om ‘n oogsorgbewustheidsdag by hul sentrum in Krugersdorp aan te bied.
Alhoewel sig vir die meeste mense vanselfsprekend is, is dit vir ander slegs ‘n vergesogte droom. Alhoewel dié tak se span weet dat hulle nie siggestremdheid kan genees nie, doen hulle nietemin steeds alles in hul vermoëns om dié swaar las vir ander ligter te maak
Laerskool Krugersdorp-Noord asook die Wesrand Skool is vooraf genader om deel te neem. Dié dag kon kinders, ouers, onderwysers en ander lede van die publiek hul oë vir ‘n goeie doel laat toets.

Vir elke oogtoets wat gedoen is, het die betrokke pasiënt en die praktyk elk ‘n loopstok geskenk. Die 18 oogtoetse wat gedoen is, het vir 36 loopstokke gesorg wat aan die Johannesburg School for Blind, Low Vision and Multiple Disability Children geskenk gaan word.
Volgens Nadia van Zyl van Spec-Savers is dit ‘n jaarlikse projek waarvoor hulle ‘n spesifieke behoefte identifiseer en op grond daarvan help waar hulle kan.
“Ons is baie en bevoorreg om ‘n verskil te kon maak in die kinders se lewens. Ons is ook vreeslik dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning.
Hiermee wil ons graag almal bedank wat betrokke was by die projek,” het ‘n oogkundige by Medicross Spec-Savers, Fanie van Niekerk, vertel.

Hulle sien daarna uit om volgende jaar weer alles in hul vermoëns te doen om die lewens van ander te verryk.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
