Dupi die dapper tronkbewaarder
"Die mense in hierdie tronk is net soos jy, en jy is een slegte besluit van die tronkdeur af."
Johannes du Plessis, beter bekend as Dupi is een van die geduldigste, nederigste en ruimhartigste tronkbewaarders wat vir die afgelope 10 jaar by Krugersdorp Korrektiewe Dienste sy plek volstaan.
Hy is al 40 jaar ‘n tronkbewaarder en kom ‘n ver pad sedert sy nederige begin waar hy vir die eerste drie weke van sy kollege-lewe nagenoeg 90 kamers skoongeskrop het nog voor die semester begin het.
Hy is tans een van die gerespekteerdste tronkbewaarder in Krugersdorp.
Also Read: Correctional Services condemns inmate arson
Na al die jare van diens het hy een ding te sê, “Die mense in hierdie tronk is net soos jy, en jy is een slegte besluit van die tronkdeur af”.
“Ek behandel hulle soos ek behandel wil word, want hulle is mense. Vlees en bloed – emosies en liefde – net soos jy. As jy hulle mooi behandel, dan behandel hulle jou mooi.”
Hy het vertel dat mense ‘n wanpersepsie van gevangenes het. “Hier is mans wat besef hulle het ‘n fout gemaak. Hulle het hul tyd in die tronk goed gebruik, die Here gevind en is gerehabiliteer, en jy sien hulle nooit weer nie.”
Hy het ook al met gewelddadige gevangenes gewerk. “Hulle is moeilik, maar as jy hulle goed behandel sal jy veilig in hul teenwoordigheid wees.”
Hy het al amper oral in Suid-Afrika by tronke gewerk, waaronder Pretoria en Johannesburg, en hy het vertel dat die tipes gevangenes verskil.
“In Krugersdorp kry jy meer ekonomiese misdadigers – mans wat kos steel om vir hul families te sorg. Om eerlik te wees, as my kinders honger was en ek werkloos, sou ek ook gesteel het om hulle te voed. Maar dan kry jy geldgierige kriminele. Onwettige myners is onder dié tipe gulsiges. Hulle kry baie meer geld as hulle onwettig werk as wanneer hulle vir ‘n maatskappy sou werk.
Read more: Is prison home away from home?
“Vir ander,” het hy gesê, “is dit ‘n plek om te bly. ‘n Veilige tuiste en skuiling want daarbuite is nie kos, werk of ‘n dak nie.”
Hy het ook al in ‘n vrouegevangenis gewerk en het vertel dat hy vir party van die vrouebendes banger was as wat hy vir die moordenaars in mansgevangenisse is.
Na byna ‘n halfeeu se diens sou hy steeds nooit iets anders wou doen nie. “Ek het my vrese oorkom, soos vir die dood, terwyl ek afdrukke van ‘n oorlede gevangene moes neem, deur op my knieë te bly. Wat ek in die tronke van die land geleer het, is om nooit iemand te na te kom nie. Bly stil as dit nie nodig is om te praat nie. Moet nie betrokke raak nie en spandeer al jou ekstra tyd saam met jou familie. Dit is al wat jou deur soveel jare se harde werk kan bring.”
Dupi gaan een van die dae aftree, maar het gesê dat as hulle hom môre sou vra om aan te bly, hy dit maklik sal doen. “Dit was my lewe, en ek was gelukkig.”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
