Noordskool in die skoonveld vir tegnologie
Oral was daar leerders in groen en hulle skoolbaadjies was byna gekamoefleer deur die somergras op die baan.
‘n Wonderlike sonskyndag het Laerskool Krugersdorp-Noord op die Krugersdorpse Gholfbaan begroet toe hulle op Vrydag, 3 November vir hul rekenaarsentrum geld ingesamel het.
Oral was daar leerders in groen en hulle skoolbaadjies was byna gekamoefleer deur die somergras op die baan. Al wat hulle laat uitstaan het was die honderde balkies en blinkswart skoolskoene wat hul skooldrag afgerond het.

Foto: Bianca Pindral.
Die leerders het gehelp om die gholfsakke van die 140 spelers te dra. So het die skool byna genoeg geld ingesamel om hul tegnologie op te gradeer.
Die spelers het die middag vir hul vierbal Betterball Stableford afgeslaan en ‘n kans gestaan om pryse ter waarde van R5 000 te wen. Hulle kon ook vakansies by van die land se top vakansieoorde wen.

Foto: Bianca Pindral.
Die skool se hoof en ‘n paar onderwysers het self ook ‘n rondte gespeel.
Noordskool sê ‘n reuse dankie aan die borge:
Kruger en Pattinger prokureurs
Momentum
Oasis Water
Price Buster Tyres
Hole in One Lodge
SA Sport
RSI Trading
Rubicon Paneelkloppers
Virgin Active
SAMU
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
