7de laan-akteurs besoek Pango-kamp
Tonele wat in Pango-kamp vir 7de laan geskiet is, is die afgelope twee weke gebeeldsend.
Pango-kamp, een van die informele nedersettings in Munsieville, was vir ‘n hele paar weke in die bekende TV-sepie 7de laan te sien. Een van die karakters, Tjattas en sy ma, Elsie kom daarvandaan.
Die sepie-akteurs het die kamp op Maandag, 6 November besoek om vir die kampbewoners dankie te sê dat hulle tonele daar kon verfilm. In die tonele word die omstandighede, armoede en liefde wat die kamp kenmerk, besonder goed uitgebeeld.
Die 7de Laan Facebook-blad het ook inskrywings oor die besoek gehad. Lees meer hier: https://www.facebook.com/7deLaanAmptelik/.
Die betrokke episodes is hier te sien:
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
