Elvis was hier!
Gedurende die partytjie was daar behoorlik gejive, gesokkie, gebraai en gesing terwyl 'n boere orkes die gaste bekoor het.
Meer as 100 partytjiegangers het onlangs spoorloos verdwyn toe hulle na bewering op die een of ander onverklaarbare manier teruggereis het na die onvergeetlike 1960’s toe.
Vrydagaand, 3 November was hulle nie skaam om hulself soos hippies, Elvis Presley en die Beatles te vermom nie. Die rede vir hul reis kan volgens bestuurder, Annatjie Griesel, toegeskryf word aan die viering van Residentia Moria Tehuis vir Bejaardes se 60ste verjaarsdag.

Elke tafel was uniek en spesiaal gedek met flower power-versierings, heerlike lekkernye, southappies en sommer alles wat groovy is.
Een van die hoogtepunte van die aand was toe Piere Gouws, vermom as die legendariese Elvis Presley op sy motorfiets met ‘n kelnerin, Huibrecht Meiring so uit die sestigerjare agterop, die saal ingery het. Nadat hulle van die ysterperd afgeklim het, het hulle die dansvloer met ‘n ekstatiese dans geopen.

Gedurende die partytjie is daar behoorlik gejive, gesokkie, gebraai en gesing terwyl ‘n boere-orkes die gaste vermaak het.
“”Ons is baie opgewonde oor elke gas wat by ons aangesluit het vir die spesiale viering. Ons is ook baie dankbaar vir almal wat bygedra het tot die onvergeetlik aand se sukses,” het Annatjie vertel.

Moria glo dat daar nog baie goeie jare vir hulle voorlê en is trots op dit wat hulle reeds bereik het.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
