Die opgewondenheid was groot toe honderde Appelpark-kinders vrolik op springkastele op die gronde van die parkie in Krugersdorp-Wes op die maat van boeremusiek gespeel het.

Foto: Bianca Pindral
Daar is die afgelope paar weke in die News oor die parkie in Appelpark berig nadat dominee Jannie Pelser van Rant en Dal Prisma en Toekomsvenster onderneem het om die parkie op te knap. Hy en ander lede van die gemeenskap, waaronder DA-wyksraadslid Trudie Naudé en Estelle Opperman van Mug and Tree het alreeds begin paadjies gooi, en beplan nog groot dinge vir die parkie.
Lees ook: The children of Appel Park need you

Foto: Bianca Pindral
Trudie het die gemeenskap gevra om te help om die parkie op te pas en sodat dit nie verniel word nie. Baie van die inwoners het onderneem om dit te doen.
“Baie dankie aan almal op die komitee en dominee Jannie vir sy harde werk om die idee ‘n werklikheid te maak,” het Trudie gesê.

Foto: Bianca Pindral
Jannie en sy span het steeds die hulp van die gemeenskap nodig om genoeg geld bymekaar te maak om die parkie op te knap en wat stukkend is, te herstel.
As jy op enige manier kan bydra – finansieel en/ of toerusting – kontak gerus vir Madelaine by 082 785 6397 of 011 665 2017, of stuur ‘n epos na info@toekomsvenster.co.za.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
