Die ontstaan van die Protestantse geloof
Honderde woon Reformasie Fees by.
‘n Toneelstuk oor die geboorte van die Protestantse geloof is onlangs deur ongeveer 800 mense by die Hervormde Kerk bygewoon.
Die Protestantse kerke wêreldwyd herdenk vanjaar die geleentheid 500 jaar gelede toe Martin Luther op 31 Oktober 1517 sy 95 stellinge teen die deure van die Wittenbergse Kasteelkerk in Duitsland vasgespyker het. Daardie dag word as die geboortedag van die Protestantse beweging beskou.

Ds Attie Hattingh van die Nederduitsch Hervormde Kerk Krugersdorp-Noord het deur sy vertelling lewe gegee aan Martin Luther se worsteling met die dwalings van die Kerk van daardie tyd.
Dr Kobus van Tonder van die Gereformeerde Kerk Krugersdorp-Wes, wat die stuk geskryf het, het die rol van Luther vertolk. Die opvoering is verder aangevul deur koor- en gemeenstesang, ‘n orkes en sangers.

Volgens Andries Venter, ‘n gemeentelid, het die opvoering die mense weer laat besef wat geloof beteken en dat almal teen afdwaling moet waak.
“Luther se besware teen sekere dwalings van die kerk is op skrif gestel en aan die kerk se deur vasgespyker om so diskussie uit te lok. Dit het die koers van die Christelike Kerk ingrypend verander,” het Andries vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
