Editor's choiceMunicipalNews

Registreer jou dispuut by stadsraad, vra VF Plus

Die VF Plus sal nie toelaat dat inwoners uitgebuit word nie.

Die VF Plus versoek inwoners van Mogale City wat foutiewe diensterekeninge ontvang het, om dispute by die munisipaliteit te registreer.

“Inwoners kan die munisipale kantore in Kommissarisstraat besoek, die nodige dokumente voltooi en die munisipaliteit so dwing om die betrokke rekeninge te rekonsilieer,” het Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Krugersdorp gesê.

“Talle mense kla daagliks dat hul elektrisiteit onregmatig deur die munisipaliteit afgesny word. Om dit weer te laat aanskakel, kos duisende. Sedert die stadsraad weer deur die ANC oorgeneem is, kom die verskynsel meer dikwels voor.

“Die Mogale City-stadsraad verkeer tans op ‘n mespunt van bankrotskap en dienslewering word benadeel.

“Die VF Plus sal nie toelaat dat inwoners uitgebuit word en dat Mogale City op so ‘n wyse probeer om hul kontantvloeiprobleme op te los nie,” het De Lange belowe.

Vir meer besonderhede, skakel gerus 071 604 9498.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button