Editor's choiceLocal newsNews

‘Hulle gaan okay wees’

Die vroue van Tower of Life het uiteindelik 'n huis, en danksy die gemeenskap, ook beddegoed, klere en kombuisware.

Die News het onlangs die gemeenskap gevra om tweedehandse goedere vir die Call of Doody Kersfeesprojek ten bate van die kinders van Munsieville te skenk.

Al het ons net gevra vir skenkings vir kinders het die gemeenskap baie meer gegee. Ons kon vir die vroue wat nie meer in die Tower of Life (ToL) gemeenskapsentrum kon aanbly nie, klere, beddegoed, kombuisware en gordyne vir hulle nuwe huis in Burgerstraat gee.

Die vroue het die News met ope arms verwelkom en gretig gehelp om die bokse en sakke af te laai.

Grace Adimang en Cremelda Wessels by die bokse vol beddegoed vir die nuwe vroueskuiling.
Foto: Bianca Pindral.

Met hierdie donasies kan hulle hulself behoorlik in die nuwe huis vestig.

Die huis gaan ook gebruik word as ‘n noodoornagskuiling vir vroue wat slagoffers van geslagsgeweld, alkoholverslawing en sekshandel is aangesien die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld-veldtog tans in die land aan die gang is.

Mogale City Plaaslike Munisipaliteit het nie ‘n gespesialiseerde program vir vroue wat aan geslagsgeweld blootgestel is nie en die nuwe ToL-vrouehuis het genoeg plek vir 24 vroue.

Buiten die tydelike noodskuiling voorsien die ToL ook vir die vroue kos en toegang tot mediese hulp en psigososiale dienste.

Vir meer inligting oor die skuiling, skakel vir Gert Jonker by 082 900 7832 of Melodie van Brakel by 082 459 5747.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button