Aandmark bied verskeidenheid geskenke
'n Aandmark wat beloof om jou in die Kersfees-stemming te kry.

Die Voete van Jesus Koffie- en Geskenkwinkel in Eduard Bokstraat, Monument, hou weer hierdie Saterdag, 9 Desember ‘n besonderse aandmark vir die gemeenskap.
Kom geniet ‘n aandjie saam met vriende en familie. Daar gaan heerlike eetgoedjies te koop wees sowel as unieke en kunstige Kersgeskenke.
Die mark skop om 6nm af en duur tot 10nm. Dit is beslis iets wat jy nie wil misloop nie.
Vir verdere inligting, skakel gerus vir Sanet by 082 853 4021.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
