Editor's choiceLocal newsNews

Middagtee fondsinsamling vir kerk se dak

Die tee is deur 'n onafhanklike konsultant van Annique Health and Beauty gereël.

‘n Groep vroue het onlangs ‘n fondsinsamelingsfunksie ten bate van ‘n kerkdak aangebied.

Die dak van die Volle Evangelie Kerk in Dan Pienaarville is in ‘n storm in September afgewaai.

Die middagtee, wat op 25 November gehou is, is deur ‘n onafhanklike konsultant van Annique Health and Beauty gereël.

Hulle het kolwyntjies aan die gaste verkoop en die opbrengs aan die dakfonds geskenk. Ragel Jardine, wat ook ‘n onafhanklike konsultant is, het vertel hoe geseën sy is met ‘n ongelooflike span wat agter haar staan.

“Baie dankie aan elke vrou wat daar was, en vir jul donasies. Dankie vir al my konsultante, en almal wat gehelp het met die kos en die funksie,” het Ragel gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button