Hul geel skyn helderder as die son
Dit was byna onmoontlik om die span van nagenoeg 20 lede in hul heldergeel klere mis te kyk toe hulle in die Noordheuwel-inkopiesentrum se parkeerarea heerlike boereworsrolle en yskoue koeldrank verkoop het.
Hulle sien om na die welstand van die gemeenskap in die laat ure van die donker nag, en in die koue van die vroeë oggendure. Hulle is die Sektor 7 Gemeenskapspolisiëringsforumlede (GPF-lede) wat op Saterdag, 2 Desember seker gemaak het dat daar van hul teenwoordigheid in die gebied behoorlik kennis geneem word.
Dit was byna onmoontlik om die span van nagenoeg 20 lede in hul heldergeel klere mis te kyk toe hulle in die Noordheuwel-inkopiesentrum se parkeerarea heerlike boereworsrolle en yskoue koeldrank verkoop het.

Volgens GPF-lid Lynette du Toit is dit een van baie inisiatiewe waardeur hulle die gemeenskap beter leer ken, en in die proses geld in te samel vir verskeie sekuriteitsopgraderingprojekte.
“Op die oomblik samel ons geld in vir kring-TV-kameras wat ons op spesifieke plekke wil installeer. Saterdag was boonop ‘n goue geleentheid vir die publiek om ‘n paar van ons lede te ontmoet,” het sy vertel.

Inwoners van Rangeview, asook sekere dele van Noordheuwel, Kenmare en Noordkruin is daar weg met ‘n boereworsrol en die wete dat daar na hul veiligheid omgesien word.
“Dit was weereens ‘n baie lekker dag en die gemeenskap het ons geweldig goed ondersteun. Ons bedank almal wat daar was, want sonder hulle sou ons nie kon doen wat ons tans doen nie,” het Lynette ten slotte vertel.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
