Gratis sterilisasies vir troeteldiere in Pangokamp
Tot dusver het hulle 14 honde gesteriliseer en gaan elke week voort met die projek.
Op Maandag, 18 Desember het die Buddies4Ever-span bykans 1 500 troeteldiere ondersoek. Waar moontlik is hulle ingespuit, ontwurm, en bosluis- en vlooibehandeling gegee. Die span het ook honde vir velprobleme behandel.
Daar was nagenoeg 70 spanlede betrokke, waarvan meeste internasionale veeartsstudente was.

Foto: Facebook
Buddies4Ever is ‘n niewinsgewende organisasie wat fokus op die sterilisasie van troeteldiere, bekostigbare kos en ‘n vrag basiese troeteldierdienste.
Die dag het deel gevorm van die Buddies4Ever Munsieville Outreach wat beoog om soveel moontlik hulp aan diere in arm gebiede te gee.

Foto: Facebook
“Ons moes baie mense inlig hoe om na diere te kyk,” het Riaan Greeff, uitvoerende hoof van Buddies4Ever gesê. “Daar was redelik baie onkunde.”
Die organisasie het die inwoners van Munsieville en Pangokamp genooi om hul diere te skeduleer vir sterilisasies wat dwarsdeur die jaar gedoen gaan word. Die span gaan haal weekliks diere en vervoer hulle na hul kamers in Sophiatown om gesteriliseer te word.

Foto: Facebook
Tot dusver het hulle 14 honde gesteriliseer en gaan elke week voort met die projek. Maar, die span sal eers weer moet geld insamel om met die projek te kan volhou.
Vir meer inligting of om uit te vind hoe jy kan help, skakel 071 851 1678 of besoek die Buddies4Ever Facebook-blad op https://www.facebook.com/buddiescares/.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
