Editor's choiceLocal newsNews

Polisie dirigeer plaaslike skool

Die klank van sirenes reis saam met die atlete van een punt van die veld na die ander.

Dit was ‘n normale interhuis byeenkoms soos enige ander. Daar was ver gespring, gewigte gestoot en hekkies geklim. Min het dié leerders geweet dat dit in ‘n oogknip sou verander.

Skielik verdrink die horison in rooi en blou flitse. Die klank van sirenes reis saam met die atlete van een punt van die veld na die ander. Sommiges se oë het groot gerek terwyl ander se kake byna die grond geraak het. Die polisie was in hul midde.

Konstabel Sithole op Copper en Sersant Lokwalo op Geronimo vang bietjie gees. Foto: Alanicka Lotriet.

Daar word ‘n rookgranaat op die veld gegooi om die atlete in bedwang te hou. Alle oë is op twee polisiewa’s, asook twee vierhoef vegters wat stadig tot stilstand kom aan die ander kant van die veld.

Om die draai kom ‘n paar leerders aangestap – maar hulle lyk anders. Elkeen is in volle polisie uniform gekleë. Al fronsend het atlete en toeskouers vinnig besef dis niemand anders as die dag se dirigente. Dis hulle wat die Johannesburgse Polisie Berede Eenheid genooi het om saam met hul atletiekspan – die Spartane – gees te vang.

Skofbevelvoerder Kaptein Chantel van den Berg was gretig om gees te vang. Foto: Alanicka Lotriet.

“Omdat ons baie projekte met die gemeenskap aanpak, help ons ook waar ons kan, veral by skole. Ons probeer by soveel moontlik geleenthede betrokke raak om daardie positiewe skakel tussen die polisie en die gemeenskap te vorm en te onderhou,” het eenheidsbevelvoerder, Luitenant Kolonel Heidi Senekal vertel.

Op die dag het die drie geesvangspanne – die Germane, die Romeine en die Spartane – verskeie temas uitgebeeld. Die Germane was ‘Bushmen’, die Romeine was Romeinse burgers, soos hul naam aandui – en die Spartane was ‘Cops and Robbers’.

Konstabel Sithole en Copper moedig die skare aan. Foto: Alanicka Lotriet.

Daar is heerlik gees gevang en dié Berede Eenheid het sowaar vet pret saam met die leerders van Hoërskool Noordheuwel gehad.

“Ons probeer oral waar moontlik betrokke raak. Enige plaaslike skool of organisasie kan aansoek doen vir ‘n sessie geleentheid met die polisie. Ons sal altyd help waar ons kan,” het Heidi ten slotte vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button