Editor's choiceLocal newsNews

Water vir vriende agter die druiwegordyn

Die Kaap se "Dag 0" – die dag waarop daar geen water meer in Kaapstad se krane gaan wees nie – is onlangs aangeskuif na 16 April, het DA-leier Mmusi Maimane bekend gemaak.

Die Kaap kort water en hier het ons genoeg. Daarom het Hoërskool Noordheuwel besluit om 5-, 10- en 20-literwaterkanne by hulle leerders in te samel en op Donderdag, 1 Februarie ‘n vragmotor met die water na die Wes-Kaap toe te stuur.

Die Kaap se “Dag 0” – die dag waarop daar geen water meer in Kaapstad se krane gaan wees nie – is onlangs aangeskuif na 16 April, het DA-leier Mmusi Maimane bekend gemaak.

Keegan Kretschmer hou twee yslike bottels water vas.
Foto: Bianca Pindral

Maar al was die aankondiging ‘n blye boodskap vir die inwoners van die stad, doen die vier dae se ekstra water niks aan die knellende droogte nie.

Verskeie skole in Krugersdorp het ook ingestem om water vir die Kaap in te samel en hulle nooi gemeenskapslede om bottels water te skenk.

Keegan Kretschmer gooi duim om ‘n bottel water in die vragmotor te laai wat Kaap toe gaan.
Foto: Bianca Pindral

Intussen het Sputnik Ratau, woordvoerder vir die Departement van Water en Omgewingsake Gautengers gewaarsku om nie te veel van die hulpbron weg te gee nie aangesien dié provinsie ook later ‘n waterkrisis kan beleef.

“Daar is alreeds enorme druk op die Vaalrivier-waterstelsel en die provinsie se mense kan hul eie waterkrisis skep indien hulle aangaan om water Kaap toe te stuur,” het Ratau gesê.

Nou is die groot vraag: sal ons toekyk hoe Kapenaars onder ‘n watertekort ly terwyl ons in vol baddens bad, toilette ‘n honderd keer ‘n dag spoel of erger nog, spot met die tekort – of stuur ons soveel water vir hulle totdat ons krane ook droogloop? Suid-Afrikaners se vrygewigheid en vermoë om saam te staan sal deur die tekort beproef word.

Die skool bedank graag vir Telesure Group Services, Auto & General, Virseker, Perfect Water, Applique Signs en gemeenskapslede vir al hulle skenkings – water en waterhouers.

Hier is ‘n lys van plekke waar besighede, gemeenskapslede en vrywilligers water kan aflaai sodat dit Kaap toe gestuur kan word:

• Laerskool Muldersdrif – Adres: Hoek van R28 en Plantationstraat, Muldersdrift, Krugersdorp. Kontak: 011 662 1929

• Laerskool Krugersdorp-Noord – Adres: Third Street en Buitenstraat, Krugersdorp-Noord. Nommer: 011 665 1390

• Hoërskool Noordheuwel – Adres: Bellstraat, Noordheuwel. Nommer: 011 954 1032

• Krugersdorp High School – Adres: Cornelius Mollstraat, Monument. Nommer: 011 954 1009

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button