Editor's choiceLocal newsNews

Onbaatsugtige GPF-lede kom tot die redding

Ander instansies wat betaal word om die boom te sny, het nie eers mense uitgestuur na die area toe nie.

Die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se lede gaan altyd uit hul pad om die gemeenskap met enigiets denkbaar te help – sonder vergoeding.

Hester Corbett het onlangs haar tevredenheid met die GPF uitgespreek en baie opgewonde vir die News daarvan vertel.

“Daar was ‘n groot storm in die dorp op Maandag, 5 Februarie en ‘n historiese boom het langs ons omgewaai tot in die pad,” het sy begin vertel.

“Die boom het die pad so versper dat die verkeer begin ophoop het. Ek het die GPF bekommerd geskakel om te hoor of hulle nie kan help nie. Binne ‘n paar minute het drie GPF-lede in hul bakkies by die boom gestop en ‘n paar manne het elkeen met ‘n handsaag uitgespring en fluks die boom se takke begin afsaag.”

Hulle het tot na donker gewerk en gesorg dat elke tak wat die pad blokkeer, afgesny word. “Sektor 3 GPF het ons werklik verbaas met hulle bereidwilligheid.”

Die GPF-lede besig om die takke af te saag.
Foto: ingestuur.

Neil Sparks, een van dié wat die takke help afsaag het, het gesê hulle het gesien dat die boom op ‘n draai lê en die risiko van motorongelukke ingehou het.

“En as deel van die GPF doen ons alles wat ons kan om te help. Dis ‘n lekker gevoel om te weet jy kan die dorp se mense veilig hou,” het Neil gesê.

Hester het ook gesê sy het verskeie ander instansies, wat met belastingbetalers se geld betaal word, gevra om die boom te help verwyder, maar hulle het niemand uitgestuur nie.

“Die GPF het kosteloos hul lewens in gevaar gestel en al hul tyd vir die publiek opgeoffer.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button