Editor's choiceLocal newsNews

40 dae, 40 items – maak jou swartsak vol liefde

Maak jy huis skoon vir die winter maande wat kom? Hier is wat jy met al daardie ongebruikde items kan doen.

Elke jaar doen Hope 4 the Future hulle 40 dae/40 items insameling waaraan lede van die gemeenskap kan deelneem, en elke jaar is dit ‘n groot sukses.

Maar dié jaar het die stigters van Hope 4 the Future, Yolandi Pestana en Madré Botha, besluit om die projek Swartsakke vol Liefde ‘n tema te gee: Trunk or Treat.

Madré Botha en Yolandi Pestana lees ‘n geskenkde boek.
Foto: Bianca Pindral.

Dit beteken dat enigiets welkom is – van niebederfbare kos tot klere, speelgoed en beddegoed. Boeke is ook welkom.

Hoe werk dit?

Die Hope-span daag die gemeenskap uit om vir 40 dae elke dag ‘n item wat in of om die huis net rondlê en wat nie meer gebruik word nie, in ‘n swartsak te sit. Na 40 dae het jy dan 40 items wat jy aan Hope kan skenk.

Die begindatum vir die 40 dae is 16 Februarie en die uitdaging eindig 27 Maart.

Die items sal deur die stigters gesorteer word en aan minderbevoorregte gemeenskapslede gegee word.

“Ons doen dit om die gemeenskap bewus te maak van hoe bitter swaar dit met ander mense daar buite gaan en herinner mense dat hulle ook kan help,” het Yolandi gesê.

“Ons doelwit vanjaar is om hulp te verleen aan die senior burgers in die gemeenskap asook mense met gestremdhede wat nie die nodige hulp ontvang nie.”

Die sakke kan afgelewer word, of hulle sal dit gaan haal. Kontantskenkings word ook aanvaar.

Kontak Yolandi Pestanta by 062 748 4657 of Madré Botha by 078 676 9760.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button