Editor's choiceMunicipalNews

VF Plus veroordeel plaasaanvalle by Hekpoort

Mulder doen ‘n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om hulle misdaadintelligensiestelsels op te skerp.

Die VF Plus is bekommerd oor die veiligheid van inwoners in die landelike gebiede van Gauteng na nog twee plaasaanvalle onlangs by Hekpoort plaasgevind het, het Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng gesê.

In die eerste geval is ‘n veiligheidswag aangeval maar die booswigte het op vlug geslaan nadat hulle nie toegang tot die plaashuis kon kry nie.

Kort daarna is ‘n jong plaasbestuurder en sy vriendin op die buurplaas ernstig beseer nadat hulle vermoedelik deur dieselfde aanvallers in hul plaashuis oorval en herhaaldelik met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Mulder, wat self belange in Hekpoort het, doen ‘n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om hulle misdaadintelligensiestelsels op te skerp en saam met die polisie en plaasveiligheidsinisiatiewe te werk om aanvalle te verhoed.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button