Angus nooi die Wes-Rand na Randfontein Skou-optrede
Nooi u vriende en familie en kom wees deel van die grootse geleentheid!
Mense van oral, nie net die Wes-Rand nie, gaan op Sondag, 4 Maart die geleentheid kry om na die wêreldbekende boer en prediker, Angus Buchan by die Randfontein Skou te luister. Hy preek uit die hart met oortuiging en passie.
Angus, wie se lewensverhaal in die fliek Faith like Potatoes vele Suid-Afrikaners se harte aangegryp het, bring ‘n boodskap van hoop om besoekers aan te moedig om op te staan en te bly vertrou, ongeag hul omstandighede. Angus se onwrikbare geloof, deursettingsvermoë en vertroue in die almag van God is ‘n groot inspirasie vir duisende.
Joe Niemand gaan ook voor Angus se boodskap die gehoor met sang en lofprysing bedien.
Die Skou-toegangshekke, kos- en koeldrankstalletjies open reeds om 6vm op Sondagoggend, 4 Maart sodat besoekers heerlike kos, warm koffie en koue koeldrank kan koop. Eie verversings en drinkgoed word nie toegelaat nie.
Die krieketveld – waar Angus gaan praat – grens aan Noordweg en is maklik toeganklik. Parkering binne die skougronde (Greenhills Sportstadion) beloop R25 en buite is dit R20. Genoegsame sekuriteit en toiletgeriewe is beskikbaar.
Samesang begin om 8.30vm en Angus bring sy boodskap vanaf 9.30vm. Sy boeke en DVD’s sal te koop wees by die CUM Boeke-stalletjie by die krieketklubhuis.
Besoekers kan daarna die Skou besoek waar onder andere Juanita du Plessis en haar kinders om 11.15vm op die hoofverhoog in die markiestent optree.
Wynand en Cheree, Liezel Pieters en verskeie ander kunstenaars tree op die Kuierskuurverhoog op.
Die boerboelskou en hondevertonings is ook te sien in die Coca-Cola buitelugarena. Brian Capper doen sy asemrowende motorfietsvertonings op die C-veld. Die skou sluit om 5nm.
Normale skoutoegangsgelde vir die Sondag is van toepassing, maar goedkoper kaartjies vir volwassenes is tot 28 Februarie beskikbaar teen R70 (R25 goedkoper).
Nooi u vriende en familie en kom wees deel van die grootse geleentheid!
Besoek https://www.randfonteinshow.co.za vir meer inligting oor voorafverkope, persele asook die volledige skouprogram. Kaartjies is ook beskikbaar by Computicket.
Navrae kan by die Skoukantoor by 011 412 2878/ 1562 gedoen word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
