Só skryf jy ‘n redenaarstoespraak
Hoeveel hulp moet jy vir jou kind gee?
Om jou en jou kind se 2018-redenaarservaring te vergemaklik, het Petronell Vorster vir Afrikaans.com ‘n reeks van drie artikels oor redenaarsvaardighede saamgestel.
Die doel van die artikels is om jou (en jou kind) te bemagtig in die kuns van redenaars. In dié week se artikel leer ons jou hoe om ‘n redenaarstoespraak te skryf. Volgende week behandel ons die verskillende ouderdomsgroepe en die uitdagings wat daar vir elkeen is en ons gee jou ook nuttige wenke oor die leer en (v)oordra van die toespraak. In die laaste artikel van die reeks kyk ons na praktiese voorbeelde van wentoesprake.
Met 2018 wat sonder genade voortstoom, het die tyd weer aangebreek vir jou kind om daardie gevreesde “ma, ek kort ‘n toespraak …” sin te uiter. Of dit nou ‘n eenvoudige klastoespraak, die skool se redenaarskompetisie of selfs ‘n eksterne redenaarskompetisie is, toespraak skryf kan sorg vir grys hare; baie daarvan!
Maar moenie vrees nie en bêre daardie botteltjie haarkleur wat jy gekoop het diep agter in die kas. In dié artikel leer ons jou hoe om sonder te veel moeite of drama, ‘n tien-uit-tien toespraak te skryf.
Hoeveel hulp moet ek my kind gee?
Dit is vanselfsprekend dat jou graad 1-, 2- of 3-kind baie meer hulp as jou ouer kind nodig het wanneer ‘n toespraak geskryf moet word. Dit is egter belangrik om jou kind van die begin af by die skryf van die toespraak te betrek. Hoe vroeër jy dit begin doen, hoe vroeër gaan jy jou kind bemagtig om sy/ haar eie toespraak te skryf.
Voor jy wegspring, maak eers seker van die tema/ onderwerp, en die lengte van die toespraak. Onderwysers gee gewoonlik die onderwerpe en verwagte tydsduur van ‘n klastoespraak en die skool se redenaarskompetisie. Eksterne redenaarskompetisies soos Radikale Redenaars, die AKTV-Redenaarskompetisie en Oppie Tong af Redenaars verskaf die inligting op hul webtuistes.
Kyk hier na ‘n omvattende video van die opvoedkundige YouTube-kanaal, Ek kan, wat fokus op ‘Alles van Redenaars’:
Vir ‘n volledige struktuur van hoe om ‘n redenaarstoespraak te skryf, besoek https://www.afrikaans.com/news-headlines/leerhulp/abc-rap-die-alfabet-is-pret vir omvattende raad en inligting.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
