Editor's choiceLocal newsNews

Plaaslike salonne wys hoe doen mens hare

Nadat die vervaardigers hul reeks by twee plaaslike salonne afgeskop het, het hulle dit goedgedink om hul reis ook in Krugersdorp af te sluit.

Ligte, kamera, aksie! Die Idols van haarkappery is hier!

Die land se stileerders het die hare laat waai met vlymskerp skêre, helder haarkleursel en ‘n wil wat skrik vir niks.

Die News het ongeveer ‘n maand gelede verslag gedoen oor ‘n nuwe televisiereeks genaamd Só Doen Mens Hare, wat salonne regoor die land die geleentheid gee om hul personeel se vaardighede ten toon te stel.

Lizette Rheeder is trots op Anri wat die model ‘n oormaaksessie gegee het. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens organiseerder en aanbieder, Anneke Oberholzer, is meer as 30 salonne van Krugersdorp tot Kaapstad en oral intussen binne ongeveer een maand besoek. Elke salon moes kies wat hul wou aanpak as deel van ‘n oormaaksessie voor die kameras. Hulle kon die model se hare sny, kleur en stileer; alles wat hulle nodig geag het.

Nadat die vervaardigers hul reeks by twee plaaslike salonne afgeskop het, het hulle dit goedgedink om hul reis ook in Krugersdorp af te sluit.

Saloneienaar Lizette Rheeders en stileerder Anri Smith was in die wolke toe hulle salon as die laaste een in die opwindende reeks gekies is.

Anri Smith het die ervaring geniet. Foto: Alanicka Lotriet.

“Ons het dit glad nie verwag nie. Die vervaardigers het vir Anri gekontak en gevra of ons wil deelneem. Ons is baie trots op haar.

Sy was boonop verlede jaar die wenner van die Laat die Hare Waai-reeks, wat ook op televisie gebeeldsend is,” het Lizette gesê.

Sy het vertel hoe ‘n aangename en positiewe ervaring dit vir hulle by die salon was en dat hulle dit vreeslik geniet het.

Só Doen Mens Hare bestaan uit nagenoeg 13 episodes en sal binnekort op DStv se Via-kanaal asook StarSat se myTV-kanaal gebeeldsend word. Teen die einde van die reeks sal kykers die geleentheid hê om vir hul gunsteling salon via SMS te stem.

“Ons glo die program sal groot aanklank vind by vroue – jonk en oud. Mag die beste salon wen,” het Anneke ten slotte gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.I 

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button