Ons eie piepklein Van Gogh
Sy is net ses jaar oud, maar sy teken al klaar prente vir boeke.
Izé Jordaan, ‘n piepklein leerdertjie van Laerskool Protearif het die voorreg gehad om die illustrasies te doen vir ‘n kinderboek wat ‘n universiteitstudent geskryf het.
Sy het self, sonder haar mamma se hulp, al die prente vir die boek Nayha’s Wishes geteken.

Foto: Bianca Pindral.
Die boek handel oor Nayha, ‘n dogtertjie wat daarvan hou om in die middae na die feetjiebos toe te gaan. Daar kan sy haarself wees. Sy het gewens dat sy ‘n maatjie, ‘n paar blink skoene en ‘n pop te kon kry. Al haar wense het waar geword en sy was so bly, maar sy het besef dat die gras nie altyd groener aan die ander kant is nie.
Marlizette, Izé se ma het gesê haar dogter se illustrasies beeld die reis na ontdekking vir Nayha op ‘n spesiale manier uit en elke prent is dus uniek.

Foto: Bianca Pindral.
“Izé hou baie van kuns, seker omdat haar ma ook ‘n kunsonderwyser is. Smiddae gooi Izé haar skooltassie neer en spring dadelik aan die werk om nuwe prente te teken. Sy is mal daaroor om baie kleure te gebruik en mag dalk Krugersdorp se eie Van Gogh word,” het sy gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
