Local newsNews

Randse Simfonie-orkes konsert ‘n hoogtepunt hierdie naweek

Die dirigent vir die konsert is die gewilde Carel Henn.

Op Saterdag, 1 September, om 6.30nm, bied die Randse Simfonie-orkes ‘n konsert aan, onder die naam Stars of the Orchestra, met verskeie soliste uit die geledere van die orkes.

Die dirigent vir die konsert is Carel Henn en die konsert sal plaasvind by die NG Kerk Suiderlig op die hoek van Herbert- en Gouldstraat in Krugersdorp-Wes.

Die orkes sal die progam begin met Night on a Bald Mountain (ook bekend as Night on a Bare Mountain) deur Mussorgsky en die Polovtsian Dances deur Borodin. Die orkes sal die konsert afsluit met die alombekende en immergewilde 1812 Overture deur Tchaikovsky, en as ‘n spesiale item, O Mio Babbino Caro uit die opera Gianni Schicchi deur Puccini. Solo werke sal deur lede van die orkes uitgevoer word en sluit in die Flute Concert by Chaminade: Silent Woods, vir tjello van Dvorak, die eerste deel van ‘n Haydn Viool Konsert, die temalied uit die film Ladies in Lavender, die Scaramouche Suite vir Saksofoon asook ‘n Tromboon Konsert van Ferdinand David.

Die 1812 Overture is geskryf oor Napoleon se inval in Rusland. Soos die oorlog gevorder het, word die Franse volkslied gespeel en later, soos die Russe wen, volg die Russiese volkslied. Deel van die musiek bestaan uit kanonskote wat deur ‘n rekenaar gesimuleer sal word.

Kaartjie kostes beloop R100 per persoon, maar laerskool kinders kry gratis toegang. Kaartjies is beskikbaar by Kobus van Tonder by 082 544 2879 of by die Suiderlig Kerkkantoor by 011 660 8038.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button