Schools
Bastion-rugby behaal groot sukses
Ten spyte van ’n skuif na ’n hoër liga, het Bastion se rugbyspanne vanjaar besonder goed gevaar.
Hoërskool Bastion se rugbyprogram het gedurende die 2026-seisoen sterk gevorder, ondanks die skool se skuif na ’n hoër liga.
Volgens Bastion-bemarker Florinda Hearn het die o14-, o16-, tweede- en eerste spanne almal hul onderskeie ligas gewen.

Die o16- en eerste spanne het ook hul onderskeie afdelings in die Lions-liga gewen en sodoende vir die gesogte Noordvaal Beker gekwalifiseer.
Hearn sê die sukses is ’n bewys van die harde werk, toewyding en spanwerk van die spelers, afrigters en ondersteuners, en lê ’n stewige fondament vir verdere sukses.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
