Editor's choiceNewsSchools

Groot kaskardag by Kennies ‘n moet vir elke gesin

Dit val ook saam met die Graad 7’s se entrepreneursdag en hulle sal sorg vir ‘n groot verskeidenheid vermaak, kos en speletjies.

Kaskarwedrenne en Laerskool Kenmare is sinoniem en dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer baie groot pret en plesier vir al hul leerders wag.

Die lang wag is amper verby, die baan is in aanbou, en op Vrydag, 7 September klap die eerste skote wanneer die tydtoetse van die onderskeie registerklasse plaasvind.

Hierdie tydtoetse is vir elke klas van kardinale belang, want dit bepaal die klas se wegspringposisie op Saterdag, 8 September wanneer die ‘groot’ wedrenne plaasvind. Vanjaar is daar ook geleentheid vir maatskappye/ groepe om mekaar die stryd aan te sê. Toegang is gratis en jy mag jou eie eet- en drinkgoed saambring.

Laerskool Kenmare se kaskardag is elke jaar die hoogtepunt op die skoolkalender.

Daar wag weer groot vermaak op die toeskouers wanneer 40 registerklasse, (Graad R’e ingesluit) hul weg moet baan op ‘n ‘renbaan’ propvol hindernisse, onder andere ‘n groot brug, ‘n watertonnel, ‘n ramp, en ‘n watergat waar hul uithouvermoë tot die uiterste beproef gaan word. Voeg hierby ‘n tydfaktor waar soveel moontlik rondtes afgelê moet word en ‘professionele bestuurders’ wat op die mees ongeleë tye koördinasieprobleme ontwikkel, en jy het ‘n perfekte resep vir vet pret.

Vanjaar word Hoërskool Monument en Hoërskool Noordheuwel se Graad 8-groepe betrek met ‘n uitdaagwedren teen Kennies se Graad 7-klasse.

Hiermee saam is daar ook ‘n uitdaagwedren tussen die hoofde/ adjunkte van die twee hoërskole en die adjunkhoof van Laerskool Kenmare. Hierdie wedren bestaan uit drie rondtes en met inagneming van die fiksheidsfaktor, hoogs kompeterende liggaamsprofiele en die ligter skakerings van grys, sal jy saamstem dat dit ‘n wedren gaan wees wat beslis nie misgeloop kan word nie.

Die voorskoolse kleuters van Knikkies sal elk ook hulle eie beurt kry om die renbaan te toets tydens hul eie kaskarwedrenne in die kleine.

Dit val ook saam met die Graad 7’s se entrepreneursdag en hulle sal sorg vir ‘n groot verskeidenheid vermaak, kos en speletjies. Kom ondersteun hulle gerus!

Vir meer besonderhede, kontak Iza Loubser by 011 955 1081 of stuur ‘n epos na bemarking@kennies.co.za.

Met nagenoeg 3 000 mense wat deur die loop van die dag die terrein sal besoek, waarborg Kennies ‘n heerlike dag vol ontspanning en lekker gesinsvermaak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button