Noordskool vol kleure en geure
Elkeen het die geleentheid gehad om 'n blom van hul keuse skool toe te neem.
Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) het onlangs die seisoen van bloeisels, blomme en lieflike geure verwelkom deur ‘n prettige blomplantdag vir al hul leerders aan te bied.
Elkeen het op Vrydag, 7 September die geleentheid gehad om ‘n blom van hul keuse skool toe te neem. Daarna is al die blomme – van rose en heuningblomme tot varkore en lelies – in ‘n blompatroon gerangskik.
Die skoolvierkant was sommer gou ‘n betowerende toneel van helder kleure en soet geure.
Volgens Quintin Botha van die skool sal die blomme oral op die skoolterrein geplant word. Dit sal ook dien om die skool op te kikker vir hul 100ste verjaarsdag wat volgende jaar gevier sal word.
Die skool wil graag elke leerder, ouer en onderwyser bedank vir hul bydrae.
Om na nog foto’s te kyk, kliek hier.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
