Kennies Kaskar aan die kook
Alhoewel onweer gedreig het om aanvanklike verrigtinge te bederf, het ondersteuners nie hul gees laat demp nie.
Die gewilde Kennies Kaskardag wat ‘n hoogtepunt op die Laerskool Kenmare-kalender is, het gedurende die naweek van 7 en 8 September plaasgevind.

Alhoewel onweer aanvanklik gedreig het om die verrigtinge te bederf, het ondersteuners nie hul gees laat demp nie.
Almal was in rep en roer en die spannetjies se gees was volop. Daar het geurige potjies geprut wat deur die ouers geskep is, met gaskunstenaar Leon Graham wat vir die vermaak gesorg het. Later dié dag het talle Kennies-grade verskeie speletjies vir hul medeleerders aangebied.

Die Graad 7’s het hul wedren voltooi met die ‘Mikrogolfduiwe’ en ‘Lekker Boys’ gesamentlik in die eerste plek met 54 rondtes elk.
Die maatskappy-uitdaagwedren was ‘n hoogtepunt toe Knights Estate dié jaar met die wisseltrofee weggestap het.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
