Bastion se jaarlikse kunsuitstalling stel nie teleur nie
‘Dit is elke jaar vir my ‘n baie emosionele tydperk’
Die Graad 10 tot 12 Visuele Kunste en Ontwerp-leerders van Bastion het onlangs die geleentheid gekry om hul werke van die eerste drie kwartale ten toon te stel.
Die skoolsaal het soos ‘n kunsgalery gelyk met al die skilderye, potlood-. kleur- en houtskoolsketse, klere-ontwerpstukke, embleemontwerpe, industriële ontwerpe en selfs installasiekuns wat uitgestal is.

Ouers, vriende en die publiek het die geleentheid gehad om die leerders se werke te bewonder. Bernadene Ross, die Kunsonderwyser, het gesê, “Dit is elke jaar vir my ‘n baie emosionele tydperk, en dit is wonderlik om te sien hoe elke leerder van Graad 10 tot Graad 12 ontwikkel en gegroei het. Dit is lekker om te kan sien hoe hulle kunswerke al hoe meer volwassenheid toon. Hulle kan nou hulself volwaardige kunstenaars en ontwerpers noem.”
Sy het bygevoeg dat die kunsuitstalling vir elke leerder die geleentheid bied om aan elkeen daarbuite, wat nie altyd besef hoeveel ure se harde werk hulle insit nie, die eindresultaat te wys. “Dit is hier waar hulle die vrugte van hulle harde werk pluk,” het sy gesê.

Die uitstalling vorm deel van die leerders se sillabus en word deur moderatore vir die kunstevakke geassesseer. Die punte wat toegeken word, word gebruik om hul jaarpunt te bereken.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
