Proties se leiers gee om
'Elke kwartaal pak hulle 'n ander projek aan. Hulle was vreeslik bly om te kon deel wees van so 'n intense projek.'
Laerskool Protearif (Proties) se leiers het onlangs ‘n dapper uitreikprojek aangepak ten bate van Matla A Bana – ‘n liefdadigheidsprojek wat daarop fokus om ‘n stem te wees teen kindermishandeling.
Volgens leiervoog, Gerda Coetzee het dié groep leerders die projek self bestuur en daarin geslaag om ongeveer 87 troospakkies aan Matla A Bana te oorhandig.

Die pakkies, wat items insluit soos teddies, boeke, skryfbehoeftes, seep en tandeborsels, is op Woensdag, 26 September oorhandig.
Dié dag het Matla A Bana-projekbestuurder, Lizel van Eeden en adjudantoffisier Johan Boshoff van die provinsiale eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings ook met die leerders gesels en meer vertel oor die projek.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
