Editor's choiceNewsSchools

Noordskool se Krieketakademie leer by Vinnige Fanie

Leerders van Laerskool Krugersdorp-Noord se Krieketakademie het onlangs by die krieketlegende Fanie de Villiers gaan kuier.

Dit is nie elke dag dat jy die geleentheid kry om ‘n sportster te ontmoet nie. Vir die kinders van Laerskool Krugersdorp-Noord se Krieketakademie het die droom waar geword.

Die 34 seuns en een dogter van die akademie is Sondag, 21 Oktober saam met hul hoofafrigter, Jacques Labuschagne na die krieketheld, Fanie de Villiers, se kleinhoewe om die dag saam met hom te spandeer.

Die groep kinders wat op Fanie de Villiers se kleinhoewe was. Foto’s: Ingestuur.

Fanie het heel eerste saam met die onder 8’s in ‘n minikrieketwedstryd gespeel. Daarna het hy die onder 9’s tot onder 14’s in twee groepe ingedeel. Die spanne het twee uur lank teen mekaar gespeel en elke kind het die geleentheid gekry om te kolf en te boul. Fanie en twee van sy hulpafrigters het die kinders tydens hierdie wedstryd met hul tegniek gehelp.

Anrico Botha (hulpafrigter), Fanie de Villiers, Jacques Labuschagne (hoofafrigter).

Die ouers wat saamgegaan het, het vir almal lekker gebraai en na die tyd het elke kind sy eie getekende krieketbal gekry.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button