NewsSchools

HS Noordheuwel kweek atlete vir Jeug Olimpiese Spele

Dit is niemand anders as Dané Roets en Ruan de Lange wat groot opslae in hul onderskeie items gemaak het nie.

Twee Graad 10-leerders van Hoërskool Noordheuwel het onlangs nie net hul skool nie, maar ook hul land verteenwoordig toe hulle aan die Jeug Olimpiese Spele in Buenos Aires deelgeneem het.

Dané Roets en Ruan Lange het groot opslae in hul onderskeie items gemaak. Dané het gedurende dié gesogte internasionale multisportgeleentheid aan gewigstoot vir dogters o.18 deelgeneem en het ‘n derde plek verower.

Dané Roets en Ruan Lange het hul land se naam hoog gehou. Foto: Alanicka Lotriet.

Sy het dit reggekry deur ‘n verstommende 17,30 en 17,34 meter ver te stoot. Sy het teen lande soos Duitsland, China en Slovenia meegeding. Dané het vertel dat sy lank voorberei het vir die geleentheid en dat dit haar grootste prestasie tot dusver is.

Ruan het in die Junior Olympics-kategorie vir Artistiese Gimnastiek as lid van die Gemengde Span meegeding, waar sy span ‘n eerste plek verdien het.

Hy het vertel dat verskeie spanne met lede uit verskillende lande met mekaar gekompeteer het. Elke span het bestaan uit ongeveer 13 gimnaste – elk van ‘n ander nasionaliteit.

Dané Roets en Ruan Lange het hul land se naam hoog gehou. Foto: Alanicka Lotriet.

Gimnaste uit lande soos Rusland, Italië, Sjina, Australië en Japan het saam met Ruan bo die ander getriomfeer.

Dit volg nadat hy algeheel derde tydens die Afrika Spele geëindig het. Dit word beskou as twee groot prestasies aangesien Ruan slegs vir die afgelope sewe jaar homself aan dié sport toewy.

Hoërskool Noordheuwel is baie trots op die leerders en vertrou dat hulle nog hoër hoogtes in die toekoms sal bereik.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button