Editor's choiceLocal newsNews

Krugersdorp se Kameraklub skep pragtige herinneringe

Volgens klublid Sampie Blom gaan hulle graag maandeliks op uitstappies waartydens hulle gesonde kompetisie onder klublede aanmoedig.

Dis vroegmiddag en die water blink in die sonlig wat plek-plek deur die blare val. Die droë takke kraak onder haar voete soos sy haar finale posisie inneem. Met een oog gefokus op die teiken haal sy diep asem – en skiet. Die moment is hare.

Op een onlangse Saterdag was Annalize Erasmus, een van 11 lede van die Krugersdorp Kameraklub, daar om te bewys dat foto’s neem nie net die druk van ‘n knoppie is nie, maar eerder ‘n ingewikkelde vorm van kuns.

Die lede wat aan die uitstappie deelgeneem het. Foto: Ingestuur.

Die prentjiemooi Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin was die ideale plek om hul vaardighede te slyp. Volgens klublid Sampie Blom gaan hulle graag maandeliks op uitstappies waartydens hulle gesonde kompetisie onder klublede aanmoedig.

Dié dag moes die klublede foto’s neem in verskillende kategorieë, naamlik groot en vlak diepte van veld, beweging, Dogs-eye view, A day at, teksture, komposisie, prominente kleure, strukture en kreatiwiteit. ‘n Wenner in elk van die kategorieë sal dan aangewys word.

Klubpresident, Cobus Eksteen was net een van die gesoute fotograwe wat gehelp het om ‘n paar beginners – insluitend News-joernalis, Alanicka Lotriet – touwys te maak.

Sampie beskou die geleentheid as ‘n groot sukses, en bedank graag almal wat deelgeneem het.

Indien jy belangstel, of meer wil weet oor die kameraklub, skakel gerus vir Sampie by 083 357 0650.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button