Die volgende Mnr en Mej Norie is…
Die tema van die uitdunne was 'Kaalvoet Karnaval' en die deelnemers het die gehoor se asems behoorlik weggeslaan met hul pragtige uitrustings.
Gedurende begin September het 200 leerders van Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) aan die uitdunaande van Mnr en Mej Norie deelgeneem.
Die tema van die uitdunne was ‘Kaalvoet Karnaval’ en die deelnemers het die gehoor se asems behoorlik weggeslaan met hul pragtige uitrustings.

Tydens die uitdunaande is 105 finaliste aangewys wat deurgedring het na die Gala-geleentheid wat op Woensdag, 26 September plaasgevind het.
Dit was sowaar ‘n spoggeleentheid waartydens finaliste in formele aandrokke en pakke op die loopplank moes meeding vir die onderskeie titels.

Die tema van die Gala-geleentheid was ‘Op die vooraand van die eeu’ wat verband hou met die skool wat volgende jaar 100 jaar oud sal wees.
Hierdie jaar se kategorieë was Petite (Graad 1 en Graad 2), Junior (Graad 3 en Graad 4) en Senior (Graad 5, Graad 6 en Graad 7).
Die beoordelaars se taak was moeilik en die volgende finaliste is gekroon:
Petite-afdeling:
• Mnr Norie 2018 (Petite): Frederik Hudson
• Mnr Norie 2018 1ste Prins (Petite): Beau Kruger
• Mnr Norie 2018 2de Prins (Petite): Franco Lourens
• Mnr Fotogenies 2018 (Petite): Lethabo Molebatsi
• Mnr Persoonlikheid 2018 (Petite): Jaco Genis
• Mej Norie 2018 (Petite): Lindi Pio
• Mej Norie 2018 1ste Prinses (Petite): Danielle Cronje
• Mej Norie 2018 2de Prinses (Petite): Genique Jacobs
• Mej Fotogenies 2018 (Petite): Eriné Grobler
• Mej Persoonlikheid 2018 (Petite): Andria Wait
Juniorafdeling:
• Mnr Norie 2018 (Jnr): Slade Lindeque
• Mnr Norie 2018 1ste Prins (Jnr): Dirko Cordier
• Mnr Norie 2018 2de Prins (Jnr): Zak Vrey
• Mnr Fotogenies 2018 (Jnr): Jaydee Naudé
• Mnr Persoonlikheid 2018 (Jnr): Diwan Boucher
• Mej Norie 2018 (Jnr): Mincke Mostert
• Mej Norie 2018 1ste Prinses (Jnr): Dunay Diederiks
• Mej Norie 2018 2de Prinses (Jnr): Angeline Hudson
• Mej Fotogenies 2018 (Jnr): Dunay Diederiks
• Mej Persoonlikheid 2018 (Jnr): Abigail Spangenberg
Seniorafdeling:
• Mnr Norie 2018 (Snr): Emile Louw
• Mnr Norie 2018 1ste Prins (Snr): Vian Roodt
• Mnr Norie 2018 2de Prins (Snr): Herman Brand
• Mnr Fotogenies 2018 (Snr): Emile Louw
• Mnr Persoonlikheid 2018 (Snr): Emile Louw
• Mej Norie 2018 (Snr): Yolindi Mostert
• Mej Norie 2018 1ste Prinses (Snr): Chané de Jager
• Mej Norie 2018 2de Prinses (Snr): Erika Enslin
• Mej Fotogenies 2018 (Snr): Jade Kruger
• Mej Persoonlikheid 2018 (Snr): Ché Miranda
• Mnr Debutant 2018: Damian Starkey
• Mej Welwillendheid 2018: Adeley Botha
Hul sewe Ystermanne, wat reeds op 15 September aangewys is, was ook deel van die Gala-geleentheid, en hulle is soos volg:
• Mnr Ysterman 2018 Graad 1: Janco Lubbe
• Mnr Ysterman 2018 Graad 2: Wian Gouws
• Mnr Ysterman 2018 Graad 3: Arno van Tonder
• Mnr Ysterman 2018 Graad 4: Dirko Cordier
• Mnr Ysterman 2018 Graad 5: Burger Niemandt
• Mnr Ysterman 2018 Graad 6: Miguel Correia do Robeirro
• Mnr Ysterman 2018 Graad 7: Charl Smit
Noordskool is voorwaar baie trots op al die deelnemers en wenners, en maak oor drie jaar graag weer so. Die skool wil ook vir Status Studios bedank vir die uitmuntende foto’s.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
