NewsSchools

[KYK] Kennies bring glans na Môreglans

Met die hulp van die leerders kon Kennies pragtige geskenkpakkies opmaak vir die bejaardes.

Met tydlose Kersliedere, ‘n kreatiewe Kersboom en sakke vol bederfies – só het Laerskool Kenmare (Kennies) dankie gesê vir die afgelope jaar se guns en seëninge.

Dié dankseggingsdiens het op Woensdag, 7 November by die skool plaasgevind waar ‘n aantal bejaardes van Môreglans Ouetehuis by hul aangesluit het.

Kennies het pragtige geskenkpakkies opgemaak vir Môreglans Ouetehuis. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens projekbestuurder, Hermine Lourens reik hulle met elke jaar se diens graag uit na verskillende instansies.

Die geskenkpakkies het onder andere bekers, koffie, koekies, waslappe en sepies bevat. Die bejaardes was vreeslik opgewonde toe dié pakkies deur pragtige haasbek-engeltjies aan hulle oorhandig is.

Hulle is ook vermaak deur oulike paddabeentjies wat ‘n prettige Ouma-en-Oupadans opgedis het, en ook deur Deané Swiegelaar en Jodie Hougaard wat ‘n hartroerende lied gesing het.

Waldo Marits en Ian Ferns gaan lekker saam dans. Foto: Alanicka Lotriet.

Pastoor Morné Venter van Ignite the Fire in Christ Fellowship het boonop gesorg vir ‘n inspirerende boodskap om die spesiale geleentheid mee af te sluit.

Na die diens is ‘n groep Graad 1’s na die tehuis geneem om nog pakkies, drukkies en glimlagge uit te deel. Die bejaardes het vertel dat Kennies beslis weer ‘n bietjie glans na Môreglans gebring het, en bedank hulle graag daarvoor.

Kyk hier na die Ouma-en-Oupadans:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button