Stel jou voor Pippie Langkous wat ‘n storie vertel van drie varkies genaamd Ham die Kok, Bacon die Biker en Russian die Juffrou, en Rooikappie wat haar verskyning maak saam met die gevreesde wolf.
Die gevolg? ‘n Mengelmoeskardoes wat die kinders laat jil van lekkerkry en dít terwyl hulle ‘n wonderlike les uit die Bybel leer.

Dit is presies wat die jeugwerkers van Christ Kids Trust hierdie jaar reggekry het met hul Roadshow genaamd Die drie varkies en die huis op die rots!
In vyf warrelwind-dae het hulle saam met vrywilligers Jonathan Lombaard van AGS Noordheuwel, Justin Dreyer van AGS Krugersdorp-Sentraal en Christiaan Swanepoel van AGS Wilropark 20 vertonings by skole in Krugersdorp, Randfontein en Roodepoort gehou.

“Dit was ‘n wonderlike, vars manier om ‘n belangrike boodskap by God se kinders uit te bring. Ons sien klaar daarna uit om volgende jaar weer dieselfde te doen,” het Nadine Swanepoel die koördineerder van Christ Kids Trust na die week se vertonings gesê.
As jy meer inligting oor Christ Kids Trust se doen en late wil hê, of die goeie saak finansieel wil ondersteun, kontak gerus vir Nadine by 082 093 7845
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
