NewsSchools

UniCollege-pretloop eindig in skuim

UniCollege het onlangs 'n pretloop gehou om geld in te samel vir 'n meisie wat graag haar skoolloopbaan wil voltooi.

UniCollege het ‘n pretloop gehou om geld in te samel vir ‘n jong meisie wat by die Cradle of Hope, ‘n veiligheidshuis in Krugersdorp-Wes, beland het.

Die meisie, wat Grace genoem word, is in Boksburg gevind waar sy saam met haar pa in ‘n kamer gebly het. Haar pa is ‘n dwelmslaaf en haar ma het haar aan haar eie lot oorgelaat.

Weens omstandighede kon Grace nie haar Graad 9-skooljaar voltooi nie en het skool verlaat.
Die personeel by Cradle of Hope wou haar help om haar skoolloopbaan by UniCollege te voltooi. Die probleem was egter dat sy eers Graad 9 by ‘n skool moes voltooi omdat UniCollege net leerders van Graad 10 af help.

‘n Skool in Krugersdorp het ingestem om Grace by hulle te laat skoolgaan en Graad 9 daar te verwerf.
Die deelnemers aan die pretloop het die Saterdagoggend by Unicollege se gronde bymekaar gekom en om 9vm weggespring om die vyf kilometer aan te durf.

Aan die einde van die pretloop moes deelnemers deur skuim hardloop om ‘n bietjie af te koel, wat die dag sommer meer pret gemaak het.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button