GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

[KYK] Mullies is reg vir leer!

Laerskool Muldersdrif het op 9 Januarie hul nuwe Graad 1's verwelkom.

Vir die nuwe Graad 1’s van Laerskool Muldersdrif het hul heel eerste skooldag seepglad verloop. Dit kan deels wees omdat hulle reeds op 8 Januarie skool toe gegaan het om hul onderwyseresse en mekaar te ontmoet. Terwyl die ouers ‘n inligtingsessie in die saal bygewoon het, het die leerders almal op die rugbyveld bymekaar gekom en saam speletjies gespeel om mekaar beter te leer ken.

Teen die volgende dag was almal reeds maatjies en het selfs al mekaar se name geken.

Sterkte aan al die Graad 1’s, al die Graad 4’s en sommer al die Mullies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button