NewsSchools

Bastion groet mnr Bartman na 17 jaar

'Ons wens hom 'n rustige aftrede toe'

 

Hoërskool Bastion het op 31 Januarie op ‘n besondere wyse van hul adjunkhoof, Tinus Bartman, afskeid geneem. .

Hy het na 17 jaar diens afgetree en om hierdie hoofstuk in sy lewe op ‘n tasbare manier af te sluit het hy die klok op die vierkant gelui. Daarna het hy deur die erewag wat die leerders gevorm het, hek toe gestap.

Tinus Bartman (regs) en sy vrou tydens die afskeidseremonie by die skool. Foto: Verskaf.

Gert Koekemoer, die skoolhoof, het Tinus met die volgende woorde gegroet, “Vandag, na 17 jaar getroue diens by Hoërskool Bastion, neem ons afskeid. Ons wens Meneer Bartman ‘n rustige aftrede toe en sterkte met die nuwe hoofstuk in sy lewe. U laat vir seker ‘n groot leemte. Carpe diem.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button