Inwoners van Mindalore het Dinsdag 5 Februarie genoeg gehad van Mogale City se swak dienslewering.
Vir maande reeds is die sypaadjie, of klein parkie soos die inwoners dit noem, op die hoek waar Van Zyl Ham- en Haynesstraat bymekaarkom, oorgroei.
Dié parkie skep vir die inwoners baie probleme.

Volgens pastoor Eric Jacobie wat oorkant die parkie bly, lê daar skelms onder die toegegroeide bome en tussen die gras vanwaar hulle die huise in die omgewing dophou.
“Mense stop ook nie by die stoptekens nie en self al hou hulle stil, kan hulle nie sien of dit veilig is om te ry nie,” het Jacobie gesê.
Hy vertel dat hulle al telkemale die munisipaliteit gebel het oor die lang gras in die parkie maar dat hulle dit twee en ‘n halfjaar gelede laas skoongemaak het.

Die inwoners het ten einde raad elkeen R100 bygedra sodat tuindienste die parkie vir hulle kon skoonmaak.
Hy het vertel dat hulle maar self die parkie sal dophou en sal sorg dat dit skoon bly.
Dit is egter nie die enigste parkie in die omgewing waar daar probleme is nie. Verder op in Haynesstraat is daar nog ‘n oorgroeide parkie wat nie onderhou word nie.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
