Onderwysers, ouers en leerders het Maandagaand op die rugbyveld by Monument Hoërskool bymekaar gekom vir ‘n lekker geesvangsessie voor die Super 16 Interhoëratletiekbyeenkoms.
Almal kon hul eie pieniekmandjie saambring en deelneem aan ‘n aand propvol pret.
Eerste het die rasieleiers ingery gekom en sommer dadelik die skare kinders wat vir hulle gesit en wag het, aan die gang begin kry met ‘n paar geesvangliedjies.
Die onderwysers het daarna die kinders vermaak met ‘n konsert.
Kyk hier:
Die tema was Monnas Stereo. Die weervoorspelling is aangebied deur Heather the Weather, en daar was skindernuus en liedjies van toeka tot nou. Die dansgedeelte van die konsert is met die Charleston afgeskop, gevolg deur Grease Lightning en You’re the one that I want uit die rolprent Grease.
Twee van die menere het ‘n bietjie gaan visvang terwyl ander hul litte op Ys ys baba geskud het.
Die vertoning is afgesluit met ‘n mengelmoes van liedjies en kostuumveranderings deur ‘n groep juffrouens wat die skare laat juig het.
Daar is toe nog ‘n bietjie gees gevang saam met die rasieleiers voor die aand tot ‘n einde gekom het.
Selfs die reën kon nie die skool se gees demp nie.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
