Die pragtige Vleiloerie Reservaat is nie meer veilig sodat inwoners dit kan geniet nie.
Dit was eens ‘n pragtige voëlpark en natuurreservaat met staproetes, maar is nou in ‘n vergete stuk grond waar sommige inwoners van Krugersdorp nou hul rommel strooi.
Lawrence Pieterse, ‘n inwoner wie se erf aan die park grens, het vertel dat sy kinders eens op ‘n tyd daar kon landloop oefen maar dat dit deesdae te onveilig is.

Daar skuil nie net vreemde mense in die park nie, maar met al die rommel kan besoekers beserings opdoen.
‘n Ander inwoner het onlangs in die reservaat met sy honde gaan draf en een van die honde het in ‘n strik beland wat deur stropers gestel is.
Daar is volop wild in die park en Lawrence het vertel dat hulle gereeld tarentale en muskejaatkatte daar sien. Hy het selfs al ‘n ystervark gevang en by ‘n veiliger natuurreservaat gaan aflaai.

Daar word baie huishoudelike rommel en selfs bourommel in dié park gestrooi. Daar is boonop oral groot gate waar grond uitgegrawe en weggery is vir privaat gebruik.
Lawrence het verder vertel dat hy en sy seuns gereeld by die dam in die park gehengel het maar dat daar deesdae mense in hierdie dam bad.

Die inwoners wil graag weet waar die heining is wat jare terug belowe is; hoekom die besoedelaars nie gevang en beboet word nie; en of Vleiloerie se beloftes regtig vergete is?
Die News het die munisipaliteit vir kommentaar genader en hulle het laat weet dat hulle terugvoering sal gee.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
