Local newsNews

Madré laat prinsesdrome waar word

Madré Botha glo dat elke meisie minstens een keer moet weet hoe dit voel om 'n prinses te wees, en sy is die vrou wat hierdie drome help bewaardheid.

Mens kry selde die geleentheid om soos ‘n prins of prinses te voel. Wanneer jy wel die kans kry is dit gewoonlik op ‘n baie spesiale dag, soos jou troue, matriekafskeid, ‘n modelkompetisie of ‘n baie deftige dans.

Sommiges kan egter nie altyd die gepaardgaande deftige rok, blink skoene, perfekte grimering en haarversorging bekostig nie. Dit is waar Madré Botha inkom.

Haar organisasie, Princess for a Day, is in 2015 gestig toe sy en ‘n groep vroue agtergekom het dat sommige matriekmeisies nie matriekafskeidrokke kan bekostig nie.

Sy het tans tussen 700 en 800 rokke in haar versameling en dit kos niks om ‘n rok by haar te leen nie. Al wat sy vra is dat die persoon ‘n blikkie kos bring wat sy aan ‘n ander organisasie kan skenk, en dat die rokke mooi opgepas word.

Sy het die afgelope paar jaar haar versameling uitgebrei en waar sy eens net rokke en pakke gehad het, is daar nou ook dooppakkies en partytjierokke. Hierdie jaar wil sy ook begin konsertkostuums bymekaar maak vir dié wat dit sou nodig kry.

Die rokke is al ‘n paar jaar oud en die modes verander so vinnig, daarom vra sy die gemeenskap om enige rokke wat hulle nie meer gebruik nie, aan haar organisasie te skenk. Sy wil ook weer vanjaar probeer om borge te kry om hare en grimering te laat doen.

Indien jy wil help of iets wil skenk, kan jy jou donasie by die Cradle of Hope-gemeenskapsentrum aflaai. Daar is ook aflaaipunte in Horison en Wilgeheuwel. Skakel gerus vir Madré by 078 676 9760.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button