NewsSchools

Kennies spog met hul allermooiste sportdrag!

Die wintersportseisoen begin binnekort, en Laerskool Kenmare is gereed om met hul indrukwekkende nuwe sportdrag die ander aan te durf.

Laerskool Kenmare het onlangs hul splinternuwe sportdrag bekend gestel.

Dié rugby- en netbalspelers het nog altyd op die sportveld in hul klere uitgestaan, maar die nuwe sportdrag lyk na die mooiste wat hulle nog ooit gehad het.

Die nuwe swart rugbytruie van die eerstespan of ‘Swartmasjien’ behoort hul mededingers goed jaloers te maak wanneer hulle op die veld draf. Dit is egter haas onmoontlik om ‘n gunsteling te kies uit die swart tuiswedstryddrag en die nuwe swart-en-wit wegwedstryddrag.

Die eerstenetbalspan se kaptein, Chanique Marais en onderkaptein Lené Wessels is hier saam met die Kennies-hoof Wouter Immelman, die SwartMasjien-kaptein Kiyan Pretorius en onderkaptein Ruan Strauss nadat hulle hul nuwe sportdrag ontvang het. Foto: Jaco Human.

Die eerstenetbalspan se dogters spog self met pragtige nuwe swart-en-wit rokkies wat hulle selfs meer formidabel as tevore laat lyk.

Al die skool se rugbyspanne, sowel as die hokkie-, netbal- en krieket-eerstespanne het nuwe sportdrag met die hulp van vanjaar se borge gekry. Sonder Wim Krynauw Prokureurs, Tramtrade, Rest Assured en Samhost se bydraes sou die spanne vanjaar nie so spoggerig op die veld en baan kon lyk nie.

Kennies neem weer hierdie jaar deel aan die Grey College Rugbytoernooi in Bloemfontein. Die gasheer was nog altyd een van Laerskool Kenmare se sterkste opponente en hierdie toernooi, waarna die spelers en afrigters baie uitsien, behoort besonder taai te wees.

In April gaan die span ook aan die Paarl Gim Noord/ Suid Toernooi in die Wes-Kaap deelneem, waar hulle met sewe van die Top 8-skole in die land gaan meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button