Local newsNews

Zander se hart vir herwinning op die regte plek

Zander Oosthuizen het 'n paar jaar gelede begin om blikkies en bottels bymekaar te maak sodat hy 'n leierskamp kon bywoon. Vandag beplan hy sy eie besigheid.

Zander Oosthuizen wou net graag sy skool se leierskamp bywoon maar sy familie het ongelukkig nie die fondse gehad om hom te stuur nie.

Die 14-jarige Zander is nie net besig om vir homself lekker spaargeld bymekaar te maak nie maar ook om die omgewing stukkie vir stukkie te red.

Zander maak blikkies, bottels en karton bymekaar en verkoop dit aan ‘n herwinningsfabriek wat dit dan herwin.

Die kreatiewe Zander het toe aan ‘n slim plan gedink en begin om herwinningsmateriaal bymekaar te maak en te verkoop.

Daarna het die gogga hom gebyt en het Zander net aangehou. Sy ouers het later vir hom ‘n bankrekening geopen sodat hy sy spaargeld daar kon inbetaal.

Deesdae is sy drome egter baie groter as net ‘n leierskamp – hy wil sy eie herwinningsbesigheid begin.

Zander maak witpapier, karton, blikkies, plastiekbottels en blikkies bymekaar.

Zander kry al sy herwinningsmateriaal by besighede en lede van die gemeenskap wat dit andersins sou weggooi.

Daarna neem hy dit huis toe en sorteer dit uit. Die sorteerproses is meer ingewikkeld as wat mens dink.

Eers skei hy die groen bottels (soos lemonadebottels) en die bruin bottels (soos Stoney-bottels). Dan maak hy ‘n ander hoop met die wit (soms deursigtige) bottels, soos dié waarin mens Coke koop.

Daarna kom die blikkies aan die beurt. Die aluminiumblikkies (dié wat aan ‘n magneet vasklou) kry hul eie hoop, en word so van die subgraad-blikkies geskei.

Dan word karton met riffels (soos dié wat vir bokse gebruik word) op een hoop gestapel en die witpapier kom op ‘n ander hoop.

By die herwinningsfabriek word die materiaal geweeg en dan word Zander per kilogram betaal.

Zander het eenkeer 32kg-aluminium ingeweeg, maar al het hy soms sy stil maande maak hy so 130kg-herwinnigsmateriaal per maand bymekaar.

Zander het vertel dat een van sy grootste ondersteuners ‘n vrou van die gemeenskap, Miemie Roelofse is wat gereeld skenkings maak vir sy herwinningspogings en hom al baie gehelp het.

Hy vra dat enige ander besighede wat dalk wil help met sy herwinningsbesigheid en skenkings wil maak, sy ma,Tanya sal skakel by 071 328 2541. Hulle sal dan die weggooiprodukte gaan haal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button