Local newsNews

Graffiasko – nog ‘n familie vertel van hartseer geval

Vir nog 'n plaaslike familie was dit 'n onstellende dag toe een van hul geliefdes in die verkeerde graf begrawe is en weer opgegrawe moes word.

Nie eers ‘n maand nadat die News berig het oor ‘n familie wie se geliefde amper in die verkeerde graf begrawe is nie, gebeur dit sowaar weer.

Lees hier:

https://www.citizen.co.za/krugersdorp-news/375847/donderdag-familie-ontsteld-nadat-broer-amper-ind-ie-verkeerde-graf-begrawe-is/

Vir Susan Reed en haar man George Nortje is die dood van Susan se pa, Thys Visagie, nog ‘n rou wond.

Die 79-jarige Thys is met longontsteking in Life Robinson Hospitaal in Randfontein opgeneem. Amper ‘n week later, op 6 Maart is hy oorlede nadat sy organe begin ingee het.

Susan het reeds haar ma in 2014 verloor en destyds was dit vir haar ‘n groot gesukkel om haar dood te verwerk.

Haar ouers was veronderstel om in die Sterkfontein Begraafplaas saam in een graf begrawe te word.

Die begrafnisondernemers het gesê dat hulle self haar ma se grafnommer by die begraafplaas sal kry en alles sal reël. Volgens die begraafplaas se rekords is haar ma in graf E11 begrawe en is dié graf toe voorberei vir haar pa se begrafnis op 12 Maart.

Toe hulle egter die kis tydens die begrafnis in die graf laat sak het, was die graf nie diep genoeg nie en die blomme bo op die kis en die kopstuk van die kis het nog uitgesteek.

Sy vertel dat die werkers by die begraafplaas en die begrafnisondernemer die kis probeer inforseer het.

‘n Vriendin en Susan se broer het egter opgemerk dat die grafsteen op die graf langsaan beslis nie verskuif is nie en het stewig geplant gestaan. Die werkers was teen daardie tyd reeds besig om die graf toe te gooi.

Daarna het die begraafplaasopsigter met sy rekords vorendag gekom wat gewys het dat me Visagie, Susan se ma, in E11 begrawe is en dat E12 volgens sy rekords leeg was. Al hierdie inligting is in ‘n dagboek van vyf jaar terug opgeteken.

Die volgende oggend is George begraafplaas toe om die saak te laat regstel, en die graf waarin sy skoonpa die vorige dag begrawe is, is oopgegrawe. Die kis is in graf E12 begrawe nadat hulle seker gemaak het dat dit die graf is waarin sy skoonma destyds begrawe is.

Hulle het ook die lint erken wat vir die kisruiker gebruik is.

Susan en George het verduidelik hoe erg die hele situasie hul hele familie ontstel het en wou weet waar foute soos dié insluip.

Volgens hulle het die opsigter by die begraafplaas gesê dat dit nie sy skuld was nie en het die vrou wat in 2014 daar gewerk het, daarvoor blameer en gesê dat sy die nommers verkeerd neergeskryf het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button